Self Assessments
- Free Assessments
- Personal Resilience
- Financial Fitness
Explore
- Services
- Resilience
- Consulting
- Training
- Facilitation
- Speaking
- Coaching
- Education
- Afrikaans
- Products
- Books & DVD's
Afrikaans
Persoonlike Veerkragtigheid: Gebou om te hou!

In hierdie boek bemoedig Annie spesifiek normale mense in alledaagse en soms minder alledaagse omstandighede om te help skep aan ‘n beter, positiewe toekoms.
Prys: R 120
Kontak Annie Greeff vir Praatjies, Seminare of Opleidingsprogramme
Vertel jou storie: klik hier
‘Terugbons’ is ‘n gebrekkige beskrywing van persoonlike veerkragtigheid. Ons moet veel meer as dit doen. Die ‘persoonlike herwinningsproses’ wat soms meer na ‘kruip’ as na ‘spring’ of ‘bons’ lyk - afhangende van die graad en omvang van die terugslag - moet lei tot vooruitgang, groei en geluk. Die soet en bitter van die lewe loop hand aan hand, en ons het die keuse om beide toestande te bestuur tot voordeel van onsself en ander.
Veerkragtigheid is dus meer as ‘streshantering’ of die vermoë om trauma te oorkom. Dit is ‘n stel volhoubare lewenstrategieë wat ontwikkelbaar is. Navorsers in langlewendheid beweer dat sommige van ons tot 130 jaar oud kan word! Met sulke vooruitsigte kan ons nie anders as om ons persoonlike toerusting te heroorweeg, opgradeer en uit te bou nie. Kennis kan uitgediend raak, maar persoonlike veerkragtigheid gaan jou lewenslank baat - hoe lank daardie lewe ookal mag wees. Hoe relevant bly jy? Is jy gebou om te hou?
Annie Greeff is ‘n professionele spreker, opleier, konsultant en outeur wat internasionaal as kenner op die gebied van veerkragtigheid erken word.
Deur haar praatjies, boeke en opleidingsprogramme raak sy die lewens van leiers en spanne in organisasies, onderwysers, kinders en die algemene publiek. In hierdie boek bemoedig sy spesifiek normale mense in alledaagse en soms minder alledaagse omstandighede om te help skep aan ‘n beter, positiewe toekoms.
Deur haar praatjies, boeke en opleidingsprogramme raak sy die lewens van leiers en spanne in organisasies, onderwysers, kinders en die algemene publiek. In hierdie boek bemoedig sy spesifiek normale mense in alledaagse en soms minder alledaagse omstandighede om te help skep aan ‘n beter, positiewe toekoms.